Wednesday 31 October 2012

Mural at De La Bat School for the Deaf


At the start of the year, learners at De La Bat School for the Deaf designed their own ceramic tiles based on succulents growing around the Worcester area. They transformed these into the most beautiful mosaic on the wall outside the school hall.

Young artists!


On Friday afternoons we have classes for Worcester's young and talented artists who love art so much that they just can't get enough!

Tuesday 9 October 2012

Matrikulant wen prys met ontwerp


 ‘n Leerder in Ontwerpkuns aan die Hugo Naudé Kunssentrum , Antoinette Jordaan, het onlangs ’n eerste plek behaal in die Wes-Kaapse streek-uitdunrondte van die Eskom Energy Efficient Lighting Design Competition met ‘n staanlamp wat sy ontwerp het.

Antoinette, tans in matriek aan  die Hoërskool Montana, het  vanjaar onder leiding van mnr Richard Ellmann, hoof van die Kunssentrum, verskeie lampe ontwerp.  Sy het van die kompetisie te hore gekom en besluit om een van haar projekte in te skryf. Die kompetisie wat by die Kaapstadse Universiteit van Tegnologie gehou is, was besonder straf en lampe van hoogstaande gehalte is ingeskryf.  Antoinette se lamp, gemaak van herwinde materiaal en oorpluisies, het egter met die louere in die kategorie vir skoliere weggestap.

Met haar wen-inskrywing het Antoinette R2 000 losgeslaan en haar ontwerp het deurgedring na die nasionale kompetisie wat die afgelope skoolvakansie in Sandton, Johannesburg, gehou is.  Sy het per vliegtuig na Johannesburg gereis en haar lamp op 5 Oktober  in Sandton uitgestal.  Die wenners van die nasionale kompetisie word op 8 November tydens ‘n gala-geleentheid in Sandton bekend gemaak.  As sy hier wen, is sy nog R10 000 ryker!

Vir ‘n lampskerm het Antoinette ‘n stroopblik met papier oorgetrek en daarop 1 700 oorpluisies aan hulle punte vasgegom om die effek van ‘n sagte, wit bol te skep. Die inspirasie vir hierdie ontwerp was die stuifmeelstampers wat sy in ‘n hibiskusblom waargeneem het.  Die skerm word ondersteun deur ‘n ruwe, krom tak wat sy in die tuin opgetel het en met ‘n ligte vernis behandel het om te verhinder dat die bas loskom.  ‘n Energiebesparende gloeilamp rond die ontwerp af. 

Antoinette beplan om volgende jaar aptekerswese aan die Noordwes-Universiteit te gaan studeer.  Sy is egter vasbeslote om haar liefde vir kuns en ontwerp in haar vrye tyd uit te leef. 

Die publiek kan Antoinette se wen-ontwerp saam met ander matrieks van die Hugo Naudé Kunssentrum se jaarwerk vanaf 15 tot 24 Oktober tussen 08:00 en 16:00 (op weeksdae) by die sentrum in Tulbaghstraat besigtig. Kry meer inligting by tel. 023 347 1552 of www.kunssentrumhugonaude.co.za.